Zoekresultaten voor: *
Resultaat 1 - 15 (van 15)
Ouma Hester en die superkomeet
AFRIKAANS - Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by 'n gemene pakt met eienaardige ruimtewesens. As hulle sending misluk, is planeet Aarde in groot gevaar! Dis tyd om die ruimte in te snel. Die monsteragtige Molluske wag...
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Maroelaboomstories
AFRIKAANS - Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie; waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
ZOEM! 'n Oerwoud vol dinosourusse
AFRIKAANS - Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het «2019»n spesiale knoppie wat jou na «2019»n ander plek laat ZOEM! In die tweede storie word Alex, Christiaan en Tjomper teruggeneem na «2019»n tyd waar daar DINOSOURUSSE is! En arme Tjomper beland in een van die dinosourusse se neste ...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Professor Fungus Omnibus
AFRIKAANS - Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, 'n klomp vreesaanjaende visse, 'n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word en beleef 'n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Philip de Vos Het carnaval der dieren
Vijftien vrolijke en geestige versjes vertellen over allerlei dieren. Prentenboek met grote, zacht ingekleurde etsen en tekst in het Nederlands en Zuid-Afrikaans. Vanaf ca. 5 jaar.
Non-fictie
Afrikaans | Nederlands | 36 pagina's | Lemniscaat, Rotterdam | 1998
Gedrukt boek
Lukas bou 'n superkar
AFRIKAANS - Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, «2018»n spul blokkies, een beste maat, «2018»n boelie, «2018»n kwaai juffrou en «2018»n verlore wiskundeboek? «2018»n Superkar!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Cowboy Koekemoer
AFRIKAANS - Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met 'n 5-in-1 af van die reeks en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is. Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook 'n splinternuwe storie. Titels wat ingesluit is in die omnibus: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo; Cowboy Koekemoer en die seerower van Watsenaam; Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda; Cowboy Koekemoer van die Klein...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Agent Snoet
AFRIKAANS - Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is 'n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter die suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Die slim Siamees is 'n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Lea lief uile
AFRIKAANS - Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is 'n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook 'n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Die dodelikste donuts in die heelal
AFRIKAANS - Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wereld! Wat kan tog fout gaan?
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Liesbeth Schlichting My eerste Afrikaanse Van Dale
vir voorlees en self lees
Woordenboek, waarin de betekenis van duizend (Zuid-)Afrikaanse woorden wordt uitgelegd via plaatjes en rijmpjes. Met kleurentekeningen. Vanaf ca. 4 t/m 7.
Non-fictie
Afrikaans | 144 pagina's | Van Dale, Utrecht [etc.] | 2009
Gedrukt boek
Speurhond Willem in Skotland
AFRIKAANS - Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers. Leeftijd 6+
Afrikaans | Tafelberg, * | 2021
Gedrukt boek
Monsterpizza
AFRIKAANS - Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as 'n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet en baie vreemde dinge kan gebeur! Leeftijd 7+
Afrikaans | LAPA, * | 2019
Gedrukt boek
Lillie die heksie in die land van die dinosourusse
AFRIKAANS - Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se kloue kan bevry? Leeftijd 6-9
Afrikaans | Protea Boekhuis, * | 2015
Gedrukt boek
"Dagbreek": hersiene serie Afrikaanse leesboeke
Afrikaans | 134 pagina's | Dusseau, Kaapstad | 1949
Gedrukt boek