Zoekresultaten voor: *
Resultaat 1 - 7 (van 7)
Holderstebolder hondepartytjie
AFRIKAANS - Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Afrikaans | Human & Rousseau (Pty) Ltd, * | 2024
Gedrukt boek
Karatekas
AFRIKAANS - «2019»n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na «2019»n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met «2019»n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Dagboek van 'n dork 1
AFRIKAANS - Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy's 'n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan 'n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jouself 'n drukkie te gee.
Afrikaans | Human & Rousseau, * | 2025
Gedrukt boek
Lekker lawwe lagboek omnibus 1
AFRIKAANS - Hoe skiet mens n pienk olifant? Hoekom kan 'n spook nie leuens vertel nie? Hoe vertaal n mens "jy mors papier" in Engels? Watter soort renoster het die kleinste ore? Wat het die seekat vir sy meisie gese? Wil jy Weet? Nou waarvoor wag jy? Lekker lawwe lagboek omnibus 1 het al die antwoorde
Afrikaans | Fantasi Books, * | 2024
Gedrukt boek
Engela Goedhart
AFRIKAANS - Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof 'n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twan Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by 'n spa-naweek, maar sy's vasbeslote...
Afrikaans | LAPA, * | 2024
Gedrukt boek
Harry Potter En Die Towenaar Se Steen
AFRIKAANS - Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy - en almal wat oor hom lees - nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!
Afrikaans | Human & Rousseau, * | 2024
Gedrukt boek
Ink en ander verhale
AFRIKAANS - Ontdek ’n wonderwereld van stories en stemme! Die 25 verhale in hierdie opwindende bloemlesing is spesiaal uitgesoek om tot moderne jongmense se leef-, taal- en ervaringswereld te spreek. Daar is romantiese stories, liegstories en lagstories, stories wat jou sal laat naels kou, en ernstiger verhale om jou uit te daag en jou te laat nadink. Hierdie lekkerleesbundel bevat verhale deur van die bekendste en mees bekroonde Afrikaanse skrywers asook ’n handvol opwindende nuwe stemme. Leeftijd...
Afrikaans | LAPA, * | 2015
Gedrukt boek